Local news

Gesin in rou na pa sterf in ongeluk

Josef word onthou as stil, sterk en altyd daar.

Die gesin van Josef Stydom (74) tel nog die stukke op nadat hy op 2 Desember in ‘n motorongeluk op die hoek van Cason Weg en 10de Laan dood is.

Josef het geloop om pasteie te gaan koop toe ‘n wit Toyota omtrent 14:15 voor zebrastrepe gestop het om vir hom en ‘n man in ‘n rolstoel reg van weg te gee toe ‘n vragmotor in die ander baan hulle tref.

Josef se dogter, Martie Meyer, het verduidelik is hy op die toneel oorlede is en die man in die rolstoel het op 29 Januarie aan sy beserings beswyk.

“Dit is nog moeilik en ons vat dit nou dag vir dag.”

Martie verduidelik haar pa, ‘n Andries Scribante Haven-inwoner, word onthou as stil, sterk en altyd daar.

“Ons kon enige tyd op sy knoppie druk. Hy het dit geniet wanneer hy bederf word met lekkers, koekies of woordsoekboekies. Hiermee kon hy ure lank met die pen sit en die woorde omring.

“Met sy skewe, skelm maar tevrede glimlag en stappie kon hy maklik harte wen. As hy sy kop op ‘n ding gesit het sou niemand hom anders oortuig nie – hy was ontsettend vasberade. Hy kon lekker kwaad word, maar het net so vining vergewe en vergeet. Hy het nooit ‘n wrok gekoester of iemand lelik behandel nie. Hy sou eerder ‘n grappie maak en vergeet van ’n misverstand.”

’n Gedenkdiens is op 12 Desember 2022 te NLB Church vir Josef gehou.

Josef word oorleef deur sy vier dogters, agt kleinkinders, twee agterkleinkinders, vrou, skoondogter en haar twee kinders.

Die Boksburg Advertiser wag nog vir ‘n volledige verslag van die polisie en probeer nog uitreik na die ander slagoffer se gesin.

Also Read: Fund-raising for sick child’s life-saving operation reaches almost R5-m

Also Read: Why should my child get vaccinated against the flu?

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button