Die leerders van Laerskool Westwood wat aan die D6-atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Hulle is Liana Herbst, Xianique Joubert, Logan Theron, Chante Coetzee, Haylee du Preez, Cara Willemse en Shakira Smit.
Laerskool Westwood se atlete het die jaar op ‘n hoogtepunt begin.
Die skool spog met 42 atlete wat deurgedring het na die BLAV-atletiekbyeenkoms wat plaasgevind het op 20 Februarie by Boksburg Stadion.
Kaelen Joubert het na die Gauteng Kampioenskappe deurgedring.
In die foto is die seuns van Laerskool Westwood wat aan die BLAV-byeenkoms deelgeneem het: Agter: Kaelen Joubert, Waldo Bezuidenhout, Xander Ferreira, Lewis Jv Rensburg, Ajay Oberholzer, Alexander Kotze en Jayden Bouwer. Middel: Michiel Botha, Malan du Plessis, Nathan Fudge, Tristan Cameron,Franco Graaf en Tyler Swart. Voor: Joshau Strydom, Juvan Fourie, Ruben Bredenhand, Donovan Meiring en Roshaan Moodley.
In die foto is die dogters van Laerskool Westwood wat aan die BLAV-byeenkoms deelgeneem het. Agter: Liana Herbst, Xianique Joubert, Logan Theron, Chante Coetzee, Haylee du Preez, Cara Willemse en Shakira Smit. Middel: Kristi-Lee Heymans, Mieke Prinsloo, Melinda Myburgh, Clea Theron, Zoe Strydom en Chane Nienaber. Voor: Lolitha du Toit, Anushka Buckle, Mckenzie Volschenk, Dinique van Rensburg en Amore Randall.
Agt van die skool se leerders dring deur na die D6-atletiekbyeenkoms wat op 23 Februarie by Germiston Stadion gehou is. Kaelen Joubert dring toe deur na die Gauteng kampioenskappe op 10 en 11 Maart by Ruimsig Stadion.
Kaelen het by die BLAV aan vyf items en D6 aan vier items deelgeneem, waar hy ‘n eerste plek met ’n afstand van 4.27m in verspring vir seuns o11 behaal het.