Local news

Goue tweeling wys staal op sportveld

Die tweeling vaar ook goed in akademie.

Alexander en Alexis Nel, ‘n Graad Ses tweeling in Laerskool Concordia, blink albei uit op die sportveld, veral in hoogspring.

Die goue tweeling het albei eerste plekke losgespring by die interlaer, Ekurhuleni BLAV streeksbyeenkoms en D6 Ekurhuleni Byeenkoms in die o12 hoogspring.

Verder het Alexander en Alexis Ekurhuleni-Suid distrikkleure behaal en het aan die Gauteng Athletics Championship in Ruimsig op 10 en 11 Maart deelgeneem waar Alexis vyfde geïndig het en ‘n SA-kwalifiserende hoogte gespring het.

Volgens die tweeling se ma, Antoinette Nel, is hulle dankbaar, gelukkig en opgewonde oor hul prestasies.
“Hulle is baie trots en hulle het hul grootste verwagtinge oortref. Alexander se doelwit was om deur te kon gaan interlaer toe, en Alexis s’n was om deur te dring na die D6 (aangesien dit haar tweede jaar is). Met harde werk en toewyding is hulle albei verder. Hulle albei geniet hoogspring baie,” het Antoinette vertel.

Alexis het in 2021 begin hoogspring terwyl Alexander sedert 2022 die sport beoefen.

Hulle oefen drie keer ‘n week vir ‘n uur lank. As daar groot byeenkomste is sal hulle ekstra tyd insit.

Die tweeling probeer elke dag vyf tot 10 minute lank touspring en swem gereeld vir ekstra fiksheid
Alexis kyk op na Hestrie Cloete en haar afrigter Juan Brits. Alexander kyk op na Mutz Essa Barshim en ook na Juan.

Die tweeling maak ook hul merk in ander sportsoorte en vaar ook goed in akademie.

Alexis speel aksienetbal en netbal by die skool. Sy geniet ook redenaars en werk hard om deel van die top presteerders te bly.

Alexander speel rugby en krieket. Hy speel vir die skool krieket en is deel van Rowlin National Cricket Academy.

Hulle het vir vyf jaar lank (2015 tot 2020) gimnastiek gedoen, waar hulle ook uitstekend gevaar het.

Die tweeling het onder andere in 2019 en 2020 albei volle erekleure by hulle skool vir hulle SA Gimnastiek deelname en eerste plekke ontvang.

Also Read: Concordia maak groot skenking aan Boksburg DBV

Also Read: Concordia kondig nuwe leiers aan

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button