Local news

Helpende Hand samel skryfbehoeftes in vir minderbevoorregtes

Die tak sal dit waardeer as die gemeenskap die projek ondersteun.

Solidariteit Helpende Hand Boksburg-tak, ’n nie-winsgewende organisasie, het die gemeenskap se hulp nodig om skoene en skryfbehoeftes in te samel vir minderbevoorregte leerders.

Die tak se voorsitter, Annerie du Pisanie het verduidelik die tak het die projek van stapel gestuur omdat daar ‘n behoefte aan skryfbehoeftes en skoolskoene is vir leerders van graad twee tot twaalf.

“Helpende Hand het ‘n Tassieprojek waar behoeftige Graad Een leerders voorsien word van tassies met skryfbehoeftes, maar daar is ook ‘n behoefte in ander grade en ons wil daardie leerders ook help.”

Du Pisani het beklemtoon die tak het die gemeenskap se ondersteuning nodig om ’n sukses van die projek te maak.

Die tak sal skenkings in die vorm van papier en plastiek om boeke oor te trek, kleefband, skryfboeke met 72 bladsye, skoolskoene, passerstelle, skerpmakers, liniale, pennesakkies, papiergom, uitdraaikryte, inkleurpotlode, penne, sakrekenaars HB-potlode en rugsakke waardeer.

Vir meer inligting, kontak Du Pisani by 083 990 3624.

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button