Local news

East Rand United loop deur onder vandalisme

Die skade beloop tussen R2000 en R3000.

Die mans se badkamer by die Reiger Park Sports Arena, ook bekend as The Graveyard, het onlangs onder vandalisme deurgeloop.

Hierdie insident het gebeur tydens ‘n aangeleentheid waartydens East Rand United en die Reiger Park Gemeenskap Forum die gemeenskap die geleentheid gebied het om die Wêreldbeker Rugbytoernooi-eindstryd tussen die Spingbokke en All Blacks op 28 Oktober te kyk.

United se voorsitter Marius de Vos het namens die klub en Reiger Park Gemeenskap Forum verskoning gevra vir die ongeskonde gedrag van die persoon of persone wat die pretvolle aand van wengees probeer demp het deur die manstoilet te vandaliseer.

Volgens de Vos beloop die skade tuseen R2 000 en R3 000, arbeid ingesluit.

“Buecanen Peters, ’n plaaslike sakeman en een van die organiseerders van die aangeleentheid het onderneem om die skade te herstel.

“Ek wil benadruk dat die vyandige gedrag geopenbaar deur die gesiglose persoon of persone nie ons durf gaan belemmer om die gemeenskap van Reiger Park te verenig agter die sportskodes hetsy rugby of sokker nie.

“Ons ag sport ‘n uiters belangrike faktor om met vele sosiale euwels in Reiger Park te deel, onder andere dwelmmisbruik onder die jeug en geslagsgebaseerde geweld,” het hy verduidelik.

De Vos het verduidelik die voorval nie by die polisie aangemeld is nie.

Misnoë uitgespreek teenoor gestorwe speler
De Vos wil ook namens die klub sy misnoë uitspreek teenoor die grusame moord op Levano Visagie, een van United se jeugspelers.

Die 17-jarige is na bewering dood toe hy deur dwaalkoeëls getref is op 31 Oktober terwyl hy lekkers gekoop het by ‘n winkel op Cosmosstraat.

“Levano het homself beskerm teen dwelmmisbruik waarin meeste van die jeug verval in gemeenskappe regoor die land. Sy geesdrif en voorliefde vir rugby gaan heelhartig gemis word. Mag sy siel rus in ewige vrede.”

Lees Ook: East Rand United veg verbete teen Springs

Lees Ook: East Rand United beat Boksburg in nail-biting game

   

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button