Local news

Voortrekkers geniet kamp

Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakterbou en pret.

Die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando het onlangs ‘n 24-uur kamp te NG Kerk Witfield geniet waar die lede hul vaardighede ontwikkel het.

Hierdie kamp is bygewoon deur agt offisiere, een heemraad, twee jeugvriende, sewe Verkenners, 15 Penkoppe en Drawwertjies asook twee besoekers van die Baanbreker Voortrekkers.
Kommandoleier Gerhard Marais het verduidelik Vrydagaand het die Voortrekkers gesing en gespeel terwyl die nuwe offisiere opleiding ontvang het.

Die volgende oggend na ontbyt het die kommando verrigtinge afgeskop om kentekens soos wikkel, padveiligheid, spoorkennis, handvaardigheid, persoonlike versorging en leierskapvaardighede te verdien.

“Ons Graad Sewe-jeuglede het ook geleentheid gehad om hulle Voortrekker werk op te skerp ter voorbereiding vir hulle Voorslagkamp later in die jaar,” het Marais verduidelik.
Marais het gesê dat almal die kamp geniet het.

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando is ‘n dinamiese jeugbeweging wat steeds van krag tot krag gaan.

Die beweging leef die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uit.

Lede kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 bymekaar te NG Kerk Witfield, Lowtherstrtaat 65.

“Alle kinders van Graad R tot Graad Sewe en ook jong volwassenes wat in die hoërskool is word genooi om te kom kyk wat ons maak. Ons het ook uitstekende geleenthede vir ons werkende volwassenes en ouers in ons gemeenskap om betrokke te raak,” het Marais verduidelik.

Vir meer inligting besoek www.transvaal.voortrekkers.org.za. Laai ook die Die Voortrekkers toepassingsprogrammatuur af op jou foon vanaf Google Play Store.

Marais kan gekontak word op 083 293 1107.

Also Read: UPDATE: Problematic crime hotspot receives attention

Also Read: Boksburg North SAPS beat Daveyton SAPS

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button