Local news

Boksburg se Courteney terug op die kassie

Dié program bied die geleentheid aan vroue om hul merk te maak in die vermaakbedryf.

Freeway Park se Courteney Abrie (24) is terug op die kassie vir die sesde seisoen van die realiteitsreeks SterStatus op eTV.

SterStatus is geskep om jong vroue in die vermaaklikheidsbedryf te bemagtig deur opleiding.

Deelnemers word geleer en uitgedaag om van hulpbronne tot hul beskikking gebruik te maak en in die regte kringe raakgesien te word.

Die wenner van die kompetisie sal ook die geleentheid kry om die volgende seisoen aan te bied.

Courteney, wat ‘n finalis in die derde seison was, het gesê sy sien uit na die reis.

“Ons het nog net een episode verfilm. Dit was vir my so lekker om weer al hierdie nuwe meisies te ontmoet en sommer in die eerste episode myself uit te daag.
“Op hierdie stadium is ek besig om alles na te jaag wat daardie klein stemmetjie agter in my kop plant.

“Ek wil net groei in elke aspek wat die program moontlik maak. Alles sal uitwerk soos dit moet,” het sy bygevoeg.

Meer inligting oor wanneer die reeks uitgesaai word is nog nie beskikbaar nie.
Volg Courteney op Instagram (c_abrie08).

Also Read: Boksburg North SAPS beat Daveyton SAPS

Also Read: Boksburg North SAPS come out tops

   

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button