Local news

Samaritaan Huis maak steeds ‘n verskil

Die organisasie het steeds hulp van die gemeenskap nodig vir hul dag-tot-dag uitgawes.

Na meer as twee dekades bly Samaritaan Huis in Skystraat vasbeslote om minderbevoorregdes te help.

Minnie van der Klashorst het verduidelik sy het die organisasie gestig toe sy opgemerk het daar is ‘n nood in die gemeenskap.

Van der Klashorst vertel die organisaie deel op Maandae, Woensdae en Vrydae ‘n warm maaltyd uit aan 48 gesinne.

“Ons gee ook groente uit indien daar beskikbaar is,” het sy bygevoeg.

Nog ‘n belangrike aspek van Samaritaan Huis is hul skool wat gratis opvoeding vir Grade RR en R bied. Hulle kyk ook na kleuters.

Van der Klashorst het beklemtoon die organisasie is afhanklik van skenkings.

“Ons maak staat op die publiek se goedhartigheid aangesien ons nie ondersteuning van die regering kry nie. Daar is gelukkig mense wat ons wel ondersteun. Ten spyte van uitdagings soos Covid-19 gaan die organisasie steeds van krag tot krag,” het sy gesê.

Volgens Van der Klashorst benodig die organisasie fondse vir hul dag-tot-dag uitgawes.

Skenkings in die vorm van skrybehoeftes is ook welkom.

“Samaritaan Huis kan ook ‘n 18A-sertifikaat uitreik vir belanstingdoeleindes. Ons verkoop ook tweedehandse items soos linne en kamptoerusting op die perseel.”

Lede van die gemeenskap is ook welkom om items aan die organisasie te skenk. Vir meer inligting, kontak 079 390 5413 of stuur ‘n e-pos na samaritaanhuis@gmail.com

Lees Ook: Samaritaan Huis se skool bars uit sy nate

Lees Ook: Samaritaan Huis hou opedag vir Graad R

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button