Local news

Voortrekkers dra die fakkels hoog vir Hemelvaart

Die kommando gee die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret

Die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando het onlangs ‘n fakkelloop ter viering van Hemelvaart gehou.

Lede het van die kommando het vanaf die Trans-50 Witfield Park Aftree-Oord tot by die NG Kerk Witfield-Wes geloop.

By die kerk het die voortrekkers ‘n Hemelvaartdiens bygewoon.

Chrisanmarie Albertyn, Miane Prinsloo, Zayden Wentzel en offisier Lucindi Holtzhauzen.

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando, gestig op 22 Januarie 1980, is ‘n dinamiese jeugbeweging wat steeds groei.

“Ons is ‘n beweging wat die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uitleef. Ons gee geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret. Die ouers kan ook betrokke raak,” het kommandoleier Gerhard Marais gesê.

Die kommando kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 te NG Kerk Witfield, Lowther Straat 65, bymekaar.
Vir meer inligting, stuur ‘n Whatsapp boodskap aan die kommando by 083 293 1107.

Lees Ook: Susan Badenhorst Voortrekker Kommando vier 42ste verjaarsdag in styl

Lees Ook: Voortrekkers geniet kamp

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button