Local news

Lefra bring hulde aan Gé Korsten

Frans Swart, regisseur van Gé Sing: Hoor My Lied! sê dit is vir hom ‘n voorreg om hierdie besondere produksie aan te bied.

Gé Korsten het op 29 September 1999 gesterf.

Op die presiesde dag, 25 jaar later, bring Lefra Produksies hulde aan hierdie legendariese sanger met Frans Swart se huldeblyk produksie, Gé Sing: Hoor My Lied! wat op 29 September om 15:00 by Emperors Palace Theatre of Marcellus aangebied word.

Frans Swart, regisseur van Gé Sing: Hoor My Lied! sê dit is vir hom ‘n voorreg om hierdie besondere produksie aan te bied.

Arina de Witt.

“Na soveel jare kom ‘n mens weer onder die besef oor watter rol Gé in die Afrikaanse, maar veral ook die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gespeel het,” het Swart gesê.

“Sy musiek, sjarme, omgee, sy menswees sal vir altyd onthou word!”

Stephanie Baartman.

Gé Sing: Hoor My Lied! word vir slegs een vertoning aangebied met Arina de Witt, Louis Loock, Stephanie Baartman en Fatman (Johan Brummer).

Fatman.

Besprekings kan aanlyn by www.LTickets.co.za gedoen word. Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte afslag deur Lefra Produksies te skakel by 011 815 3000, of ‘n e-pos te stuur aan admin@lefra.com

Lees Ook: Huldeblyk: Vier Gé Korsten se lewe in die gemak van jou sitkamer

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button