Local news
Baanbreker Voortrekkers geniet boeresportdag
Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakterbou en pret.
Die Baanbreker Voortrekkers het onlangs ‘n pret-belaaide Boeresport Olympics by Laerskool Baanbreker gehou.
Tydens die geleentheid het die kommando dit geniet om aan boeresport soos sakresies deel te neem.
Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat die jeug toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.
Die Baanbreker Voortrekkers kom elke Maandag van 16:00 tot 17:00 by Laerskool Baanbreker bymekaar.
Vir meer inligting, skakel die kommandoleier, Louise Botha, by 074 911 1225.
Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers samel R1 000 in met karwasdag
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.