Boksburger bereik SterStatus droom
Abrie gaan nou die volgende seisoen van die realiteitsprogram aanbied.
Courteney Abrie van Freeway Park is bly sy het besluit om weer die SterStatus-reis aan te pak, ondanks haar huiwerigheid oor tweede kanse.
Op 19 Oktober is hierdie 24-jarige tydens ‘n gala by Villa Baragha Country Estate aangewys as die wenner van die sesde seisoen van SterStatus,‘n realiteitsprogram op eTV.
SterStatus is ontwerp om jong vroue in die vermaaklikheidsbedryf te bemagtig deur middel van opleiding.
Deelnemers word geleer om die beskikbare hulpbronne effektief te benut en om in die regte kringe sigbaar te wees.
Abrie het haar dankbaarheid uitgespreek vir alles wat sy geleer het, die mense wat sy ontmoet het, en die kennis wat sy kon toepas om suksesvol te wees.
“Ek het sonder verwagtinge begin, en toe maak dit die oorwinning net soveel beter. Dit is ‘n ongelooflike gevoel om die vrugte van jou harde werk te pluk,” het Abrie, wat ook ‘n finalis in die derde seisoen was, gesê.
As die wenner sal Abrie die volgende seisoen as aanbieder optree.
“Ek neem dit dag vir dag. Ek het nog geen idee wat 2025 vir my as aanbieder sal inhou nie, maar ek gaan elke geleentheid met albei hande aangryp.
“Ek is opgewonde is om alles wat ek geleer het toe te pas en my horisonne verder te verbreed. Daar altyd plek is vir groei.”
Sy het haar dank uitgespreek aan almal wat haar op haar SterStatus pad ondersteun het, soos Ruan Sinden van The Crown Academy.
Abrie het ‘n Go Brown Spraytan Franchise gewen, sowel as ‘n masjien van SL Lasers.
“Daar is ook ‘n paar dinge in die pyplyn wat ek sal kies om bekend te stel in my seisoen as aanbieder volgende jaar. Met Supabets as ons groot borg, is die geleenthede eindeloos.”
Lees Ook: Boksburg se Courteney terug op die kassie



