Matrieks, so kan jy behoeftiges help
Die organisasie sal dit waardeer as die publiek die inisiatief ondersteun.
Solidariteit Helpende Hand Boksburg-tak doen ‘n beroep op matrikulante om skoolgoed wat hulle nie meer gaan gebruik nie aan die organisaie te skenk.
Volgens die tak se voorsitter, Annerie du Pisanie, samel die tak items in soos skoolklere, skoene, skryfbehoeftes, pennesakkies, tasse en handboeke vir minderbevoorregtes.
“Help asseblief vir Solidariteit Helpende Hand om ‘n behoeftige leerder in jou gemeenskap te help,” het Du Pisanie gesê.
“Hierdie items kan ‘n groot verskil maak in die lewe van ‘n kind wat nie die finansiële middele het om hierdie noodsaaklikhede te bekom nie.”
Solidariteit Helpende Hand is ’n nie-winsgewende organisasie wat veral betrokke is by behoeftige skole, ouetehuise en individuele gesinne.
Die organisasie se doelwit is om die kringloop van armoede te verbreek deur kinders opleiding te bied sodat hulle selfsorgende volwassenes met ’n roeping in die lewe kan word.
Vir meer inligting, kontak Du Pisanie by 083 990 3624.
Lees Ook: Helpende Hand bring vreugde met paaseiers



