Local news

Helpende Hand bring vreugde met paaseiers

Die organisasie se doelwit is om die kringloop van armoede te verbreek.

Solidariteit Helpende Hand Boksburg-tak het op 29 Maart oor die 200 pakkies met paaseiers uitgedeel aan inwoners van die Andries Scribante Haven om hulle te bederf.

Van die oorblywende pakkies was ook uitgedeel by die Leon Ferreira Brandweerstasie.

Solidariteit Helpende Hand is ’n nie-winsgewende organisasie wat veral betrokke is by behoeftige skole, ouetehuise en individuele gesinne.

Solidariteit Helpende Boksburg het paaseiers uitgedeel by Andries Scribante Haven.

Die organisasie se doelwit is om die kringloop van armoede te verbreek deur kinders opleiding te bied sodat hulle selfsorgende volwassenes met ’n roeping in die lewe kan wees.

Vir meer inligting, kontak Annerie du Pisanie by 083 990 3624.

Also Read: Helpende Hand samel skryfbehoeftes in vir minderbevoorregtes

Also Read: Skole wat Helpende Hand help kan R10 000 wen

   

Related Articles

 
Back to top button