Local news

Kleurvolle afsluiting by Baanbreker Voortrekkers

Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakterbou en pret.

Dit was ‘n kleurvolle middag vol opwinding in die lug by die Baanbreker Voortrekkers se kleurfees op 25 November by Laerskool Baanbreker.

Volgens Luzinda Saunders van die kommando is hierdie gebeurtenis ‘n jaarlikse instelling waar kinders kan vrylik rondhardloop, mekaar met kleurvolle poeier gooi en net die dag geniet.

Na afloop van die kleurfees het sommiges ook roomys geniet.

Oor die hoogtepunte van die jaar het Saunders gesê die Baanbreker Voortrekkers het die jaar die Cansa Shavathon ondersteun, kolwyntjies gebak vir Nasionale Kolwyntjiedag vir Kinders met Kanker, en hulle het die jaarlikse Kerkdiens vir Hemelvaart gehou.

Daar was ook ‘n karwasdag om fondse in te samel, en die kommando het ook R11 000 aan Laerskool Baanbreker geskenk vir hul ossewaprojek. Verder het hulle verskeie kampe bygewoon, insluitend hul eie kommandokamp in Oktober by Hartbeesfontein in Cullinan.

Kiaan Ferreira geniet ‘n roomys na die kleurfees.

Saunders het bygevoeg dat die Baanbreker Voortrekkers uitsien na 2025, aangesien dit hul 45ste bestaansjaar as kommando is in Februarie.

Hiervoor beplan die kommando ‘n groot feesmakietie.

Die kommando se eerste byeenkoms is die Waatlemoenfees, wat op 20 Januarie by Laerskool Baanbreker gaan plaasvind.
“Ons sien uit om nuwe en oud-lede terug te verwelkom!”
Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat in besonder die jeug toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.
Die Baanbreker Voortrekkers kom gewoonlik elke Maandag van 16:00 tot 17:00 by Laerskool Baanbreker bymekaar.
Vir meer inligting, skakel die kommandoleier, Louise Botha, by 074 911 1225.

Also Read: O, die Baanbreker Voortekkers het ‘n perd, ‘n blink stokperd

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button