Local news

Kom geniet die Geloftediens

Kom gee uitvoering aan die Gelofte deur dié diens by te woon.

Reeds etlike dekades is dit die gebruik in Boksburg om op 16 Desember ’n Geloftediens te hou, wat belangstellende lidmate van al die kerke in en om Boksburg welkom is om by te woon.

Die leraars van die verskillende Afrikaanse kerke om die beurt kry die geleentheid om die jaarlikse Geloftediens waar te neem.

Volgens Alta Prinsloo is goeie samewerking in hierdie verband nog altyd verkry en die ondersteuning van hierdie geleenthede deur die verskillende kerke se lidmate is verblydend en die opkoms besonders goed.

“In die vroeë 1960s is daar met die aanbieding van die Geloftedienste afgeskop deur dit vroegoggend om 05:00 by Prince George Park se sportterrein aan te bied,” het Prinsloo vertel.

Vanaf 2001, toe die terrein nie meer vir hierdie doel beskikbaar was nie, is die verrigtinge in die skoolsaal van Hoërskool Dr EG Jansen voortgesit.

Vanaf hierdie jaar, word die Geloftediens jaarliks by die geskiedkundige NG Kerk Moedergemeente (Klipkerk) in Voortrekkerstraat aangebied.

Vanjaar word die Geloftediens om 09:00 weer by dié kerk gehou, gelei deur dominee Janré van Jaarsveld van die Geregformeerde Kerk

Daar gaan vooraf hartlik saamgesing word, wat reeds om 08:40 begin.

’n Kollekte sal na afloop van die erediens opgeneem word vir die Klipkerk Bewaringsfonds. ‘n Skenking aan die motorwagte sal ook welkom wees.

Daar sal weer ook na die afloop van die diens tee en koffie met beskuit en ‘n boodjie bedien word.
Verder sal daar ook drie stalletjies wees wat pannekoek, boerworsrolle en burgers te koop wees.

Vir meer besonderhede skakel Prinsloo by 082 612 0844.

Lees Ook: Geloftediens weer in Boksurg op Versoeningsdag gehou

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tayla Smith

Tayla writes general news for the Boksburg Advertiser. She joined the publication in 2019 as a junior journalist and was promoted to senior journalist in 2022.

Related Articles

Back to top button