Local news

Ondersteun Concordia se bloedskenkdag

Die skool moedig die publiek aan om die initatief te ondersteun.

Laerskool Concordia nooi die publiek uit hulle moue op te rol en bloed te skenk by die skool op 19 Februarie.

Die skool is in Rietfonteinweg 9 en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) sal van 10:30 tot 15:30 gereed wees om skenkers by te staan.

Concordia hou gereel bloedskenkdae om die SANBD te help met bloedvoorraad.

Om bloed te kan skenk moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16 tot 75 wees.
• Jy moet 50kg of meer weeg.
• Jou gesondheid moet in ’n goeie toestand wees.
• Jou tattoes moet ouer as drie maande wees.
• Jy moet ’n gesonde leefstyl hê.
• Jou bloed moet geskik wees vir oortapping aan ’n ander pasiënt.
• Jy moet toegewyd wees om gereeld bloed te skenk.

Lees Ook: Bekroonde skrywer maak weer ‘n draai by Concordia

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button