Local news

Smullekker begin vir die Baanbreker Voortrekkers

Die lede van die kommando het dit geniet om mekaar met waatlemoen te smeer.

Dit was ‘n middag vol pret en plesier tydens die Baanbreker Voortrekkers se jaarlikse waatlemoenfees op 20 Januarie te Laerskool Baanbreker.

Lede het tydens die fees mekaar gesmeer met waatlemoen en ook heerlik daaraan gesmul.

Vir Audrey Bland, ‘n Graad Ses leerder wat al sedert Graad Een betrokke is by die Baanbreker Voortrekkers, sê die kommando gee haar die geleentheid om nuwe vriende te maak.

Sy het met die Boksburg Advertiser gesels tydens die fees.

Audrey het gesê dit is aktiwiteite soos dié wat sy die meeste geniet by die kommando.

Charne Oelofse en Audrey Bland geniet die waatlemoenfees.

“My ma het my geïnspireer om betrokke te raak, en van daar af het ek begin hou van alles wat die kommando doen.

“Dit is geleenthede soos die kleurfees wat my al die jare by die kommando laat bly het.

“Ek het ook verlede jaar se afsluitingskleurfees baie geniet.”

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat in besonder die jeug toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Die Baanbreker Voortrekkers kom gewoonlik elke Maandag van 16:00 tot 17:00 by Laerskool Baanbreker bymekaar.

Vir meer inligting, skakel die kommandoleier, Louise Botha, by 074 911 1225.

Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers geniet boeresportdag

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button