Local news

Jansies verloor teen Nelspruit in doodsnikke

Dit was 'n wipplankstryd wat enige kant toe kon swaai.

Hoërskool Nelspruit het in ‘n naelbyt sege Hoërskool Dr EG Jansen met 24-22 die loef afgesteek in Boksburg op 15 Maart.

Die tuisspan het in die eerste helfte van die NWU Skolereeks stryd goed van hul taak gekwyt. Die Jansies het 19-14 voorgeloop toe die fluitjie vir rustyd geblaas het.

In die tweede helfte het die besoekers die oorhand gehad, en die Jansies kon slegs daarin slaag om ‘n strafskop oor die pale te kry om punte op die telbord te sit.

Hoërskool Dr EG Jansen en Hoërskool Nelspruit in ‘n lynstaan.
Hoërskool Dr EG Jansen teen Hoërskool Nelspruit.
Hoërskool Dr EG Jansen op die aanval.
Hoërskool Dr EG Jansen en Hoërskool Nelspruit in aksie.

Die skool se rugbydirekteur Rudi Dames het gesê die span het in belangrike tye onnodige foute gemaak.

“Op eerste span vlak kan jy nie onnodige strafskoppe afstaan nie, maar dit is nog vroeg in die seisoen. Die verlies was vir ons ‘n groot teleurstelling, maar dit was steeds ‘n goeie wedstryd. Ons ander spanne het goed gevaar,” het hy bygevoeg.

Oor spelers wat uitgestaan het, het Dames gesê die span se kaptein en haker, Marco Ventura, het sy hart uitgespeel.

Die puntemakers was:
Drieë: Zulu Otlotleng, Jayden du Preez en Marco Ventura. Doelskoppe: Deshean Pietersen (2). Strafdoel: Zian Ueckermann.

Ander uitslae:
o14A: EG Jansen 29-7 Nelspruit
o14B: EG Jansen 12-14 Nelspruit
o14C: EG Jansen 7-15 Nelspruit

o15A: EG Jansen 22-22 Nelspruit
o15B: EG Jansen 20-10 Nelspruit
o15C: EG Jansen 47-7 Nelspruit

o16A: EG Jansen 29-20 Nelspruit
o16B: EG Jansen 12-7 Nelspruit
o16C: EG Jansen 28-7 Nelspruit

Tweedes: EG Jansen 47-10 Nelspruit
Derdes: EG Jansen 17-5 Nelspruit
Vierdes: EG Jansen 12-19 Nelspruit

Lees Ook: EG Jansen se tennispelers blink uit

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button