Local news

Concordia is weer agter jou bloed aan

Die publiek word aangemoedig om die projek te ondersteun.

Wat as jy binne ’n paar minute ’n held kon wees – sonder ’n masker of ’n roemryke toekenning – maar met net een eenvoudige daad?

Laerskool Concordia gee jou daardie kans op 19 Augustus, van 10:30 tot 15:30, tydens hul bloedskenkdag.

Met die steun van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, word die gemeenskap genooi om hul moue op te rol en hoop te skenk. Elke druppel tel, en in ’n land waar bloedvoorrade daagliks onder druk is, maak gemeenskapsinisiatiewe soos dié ’n werklike verskil.

Die proses is vinnig, pynloos en word professioneel hanteer. En die beste deel? Elke suksesvolle bloedskenking kan tot drie mense se lewens red.

Lees Ook: Bloed vloei tydens bloedskenkprojekte by EG Jansen en Concordia

Om bloed te kan skenk moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16 tot 75 wees.
• Jy moet 50kg of meer weeg.
• Jou gesondheid moet in ’n goeie toestand wees.
• Jou tattoes moet ouer as drie maande wees.
• Jy moet ’n gesonde leefstyl hê.
• Jou bloed moet geskik wees vir oortapping aan ’n ander pasiënt.
• Jy moet toegewyd wees om gereeld bloed te skenk.

Lees Ook: Concordia se bloedskenkdag stil

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Tayla Smith

Tayla writes general news for the Boksburg Advertiser. She joined the publication in 2019 as a junior journalist and was promoted to senior journalist in 2022.

Related Articles

Back to top button