Local news

Sowat 3 000 vroue beleef inspirerende dameskonferensie by Freeway Bybelkerk

Hierdie geleentheid het duisende se harte aangeraak

In ’n kragtige vertoning van geloof, eenheid en liefde het sowat 3 000 vroue Saterdag by Freeway Bybelkerk bymekaargekom vir ’n inspirerende dameskonferensie met die tema ‘Liefde in Aksie’.

Die boodskap van die dag is geïnspireer deur Romeine 12:21. Een van die mees aangrypende oomblikke was die vertoning van ’n video-getuienis van ’n vrou wat 12 jaar lank vir ’n kind gebid het. By ’n vorige damesoggend het sy haar hartsbegeerte op die gebedsbord neergeskryf.

Hierdie jaar kon sy nie die konferensie bywoon nie, omdat sy dieselfde oggend haar baba-seuntjie verwelkom het. Haar droom het werklikheid geword.

Rina Havenga, Zelda van der Nest en Tracey Havenga. Foto: Verskaf
Lize Myburgh het die geleentheid geniet. Foto: Verskaf

Freeway Bybelkerk het verder gesorg dat elke gas spesiaal voel deur gratis geskenksakkies uit te deel, ’n gebaar van dankbaarheid en ’n manier om terug te gee aan die gemeenskap. Die terrein is ook omtower met meer as 50 stalletjies, wat ’n lewendige en feestelike atmosfeer geskep het waar vroue kon kuier, inkopies doen en mekaar beter leer ken.

Volgens organiseerder Louise Boyens was die dag die vervulling van ’n droom en jare se harde werk deur ’n toegewyde span. “Ons het gesien hoe vroue die mantel opneem soos Elisa en kies om die wêreld Jesus se liefde te wys,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat die konferensie oor die jare merkwaardig gegroei het. “In 2018 het ons met net 80 dames begin. Nou het ons 3 000. Ons visie is om ’n verskil in die gemeenskap te maak en vroue die geleentheid te gee om Jesus te ontmoet. Ek is trots om deel te wees van hierdie span – ons is reg vir oorlog vir die Koninkryk.”

Lees Ook: Jarelange inwoner vier 80ste verjaarsdag

Lees Ook:  Get your Christian books and handmade gifts at Be-Liv-It Boekwinkel

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button