Local news

‘n Dag van eer en dankbaarheid vir dienshelde in uniform

Die doel van die inisiatief is vir die gemeente om uit te reik en hierdie personeel te bedank vir hul goeie werk.

Die Volle Evangelie Kerk (VEK) Kruisgenerasie in Boksburg-Noord het op 9 November hul jaarlikse uniformdiens gehou, ‘n geleentheid waar geloof en waardering hand aan hand stap.

Die kerk was gevul met die bekende kleure van uniforms: blou, oranje en olyfgroen. Ongeveer 60 gaste van die SAPS, nooddienste, Ekurhuleni Metropolisie, veiligheidsmagte en brandweer het saamgekom vir ‘n oggend van gebed, dankbaarheid en gemeenskapsgees.

Pastoor Ben van Staden van die VEK beskryf die dag as ‘n ware seën en ‘n groot sukses.

“Ons wil al ons manne en vroue in uniform bedank dat julle saam met ons was,” het hy gesê. “Dit is vir ons ‘n eer om julle hier te hê. Ons waardeer die harde werk wat julle daagliks doen in ons gemeenskap.

VEK uniform
Lede wat die Volle Evangelie Kerk (VEK) Kruisgenerasie in Boksburg-Noord het op 9 November hul jaarlikse uniformdiens bygewoon het.

“Ons gebed is dat God julle en julle families sal beskerm en seën. Hierdie gemeente sal altyd julle tuiste wees – onthou, ons het julle lief en dra julle in ons gebede.”

Na afloop van die diens is heerlike versnapperings voorgesit, waar gaste en lidmate saam kon kuier en die geleentheid in ‘n warm, gemeenskaplike gees afgesluit het.

Die bevelvoerder van die Boksburg-Noord SAPD, Kolonel Mack Mngomezulu, het sy dank teenoor die kerk uitgespreek: “Hierdie is ’n gebaar wat elke lid in uniform opreg waardeer,” het hy gesê.

Met liedere van lof, boodskappe van hoop en die geur van vars koffie in die saal, het die dag ‘n blywende indruk gelaat; ‘n herinnering dat die mense agter die uniforms nie net beskermers is nie, maar ook deel van ‘n groter geloofsfamilie wat hulle waardeer en ondersteun.

Also Read: Kerk hou diens om personeel in uniform te bedank

Also Read: Kerk hou diens om personeel in uniform te bedank

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button