EntertainmentLocal news

Boksburg se Hartklop bring nuwe 'feel good' country-enkelsnit

Terwyl Cornel aan die produksie gewerk het en elemente soos kitaar, ukulele en dromme bymekaar gesit het, het Zanneli aan die lirieke begin skryf.

Die Afrikaanse duo Hartklop is terug met hul splinternuwe enkelsnit, Droomvanger, ’n opgewekte country-liedjie met moderne elemente en ’n aansteeklike energie wat luisteraars sommer van die eerste noot af laat goed voel.

Cornel Viljoen, musikant en liedjieskrywer van Boksburg, is al 18 jaar professioneel deel van die musiekbedryf.

Zanneli Viljoen, wat haar liefde vir musiek op 13-jarige ouderdom ontdek het, bring haar eie unieke rock- en popinvloede na die duo se klank.

Saam beskryf Hartklop hul styl as: “Rustige teenwoordigheid met unieke rock- en popstemme.

A young white woman and man sitting ona blue couch wearing black. She has long blonde hair.
Hartklop wat bestaan uit Cornel Viljoen en Zanneli Casey, is n rockgroep wat in Julie 2022 ontstaan het. Foto: Verskaf

 ”Droomvanger, geskryf deur Cornel en Zanneli, vertel die storie van iemand wat vry voel en werklik gelukkig is met die lewe.

Die inspirasie vir die liedjie het spontaan ontstaan tydens ’n kreatiewe studiosessie waar die duo met nuwe klanke en idees begin eksperimenteer het.

LEES OOK: Hartklop vou emosie oop met nuwe enkelsnit

Terwyl Cornel aan die produksie gewerk het en elemente soos kitaar, ukulele en dromme bymekaar gesit het, het Zanneli aan die lirieke begin skryf.

“Dit was die maklikste liedjie om te skryf,” sê Zanneli. “Toe ons die melodie saam sing, het ons dadelik geweet hierdie is die liedjie wat ons volgende moet vrystel.”

Volgens die duo hoop hulle dat Droomvanger ’n positiewe impak op luisteraars sal hê.

Die musiekvideo word by Hennies Boksburg verfilm en beloof om ’n unieke kombinasie van country-atmosfeer en moderne styl te wees.

Die video gaan hoofsaaklik ’n stage performance-uitbeelding wees met ’n nuwe visuele gevoel wat anders is as hul vorige projekte.

Die duo neem ook hierdie keer meer beheer oor die kreatiewe proses, met meeste van die inhoud en beeldmateriaal wat self geskiet gaan word – ’n ware Hartklop-produksie.

Opkomende vertonings:
• Hennies Boksburg – 30 Mei
• Aardklop – 3 Oktober
• Kempie Fees – 31 Oktober

ALSO READ: VIDEO: Bekende sanger vermaak inworners van Cosmos Tehuis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button