FAK Afrikaanse departement wen kompetisie
Die skool wil leerders aanmoedig om hulself uit te leef in hul moedertaal.
Hoërskool Oosterlig is saam met Laerskool Brits as die algehele wenskool in die FAK se Internasionale Afrikaans-Ekspo aangewys en ontvang die prys vir die skool met die meeste inskrywings.
Oosterlig is trots op sy Moedertaal, daarom is dit vir die skool belangrik om sy leerders aan te moedig om deel te neem aan elke moontlike geleentheid om Afrikaans te bevorder. Die skool is in sy noppies om as wenskool aangewys te word en wil leerders graag motiveer om hulself kreatief uit te leef in hul moedertaal en sodoende ook hul akademiese vaardighede te slyp.
Hoërskool Oosterlig is baie trots om sy eie leessentrum en boekklub te hê.
Die prysgeld gaan aangewend word om Afrikaanse jeugliteratuur aan te koop.
Sodoende bevorder hulle nie net ‘n leeskultuur, ‘n Afrikaanse leeskultuur, in die skool nie, maar ondersteun hy ook plaaslike skrywers sodat hulle kan voortgaan om wonderlike literatuur in ons Moedertaal te publiseer.
Lees Ook; Oosterlig spog met nuwe leiers
Lees Ook: Oosterlig kondig top presteerders aan



