Schools

Concordia maak groot skenking aan Boksburg DBV

Die skool beolan om volgende jaar meer as een skenking aan die Boksburg DBV te maak.

Laerskool Concordia het op 7 Desember hulle harte oopgemaak teenoor die Boksburg DBV met ‘n skenking as deel van ‘n leier-projek war daarop gemik is om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Concordia se leiers het vanaf 21 tot 25 November kos vir katte en honde, blikkieskos en speelgoed vir die plaaslike organisasie ingesamel.

Tydens die oorhandiging het die leerders dit ook geniet om die diere by die DBV te sien.

Dit is tradisie vir die skool se leiers om op ‘n jaarlikse basis die DBV te ondersteun en die skool hoop om die organisasie volgende jaar twee keer te ondersteun.

Vicky Finnemore, bestuurder van die Boksburg DBV, het die skool en elke onderwyser, leerder en ouer wat bygedra het bedank vir die barmhartige gebaar.

Lees Ook: Top presteers by Laerskool Concordia

Lees Ook: Laerskool Concordia se bloedskenkprojek kort ondersteuning

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button