Local sportSport

Mooi so Boksburg, nou vir die finaal

Boksburg Rugbyklub afrigter Lukas van der Schyff en die afrigter van Springs Rugbyklub, Ockert Brits, het met dié vriendelike liga vorendag gekom na die Valke sy klubrugby-liga vir die jaar gekanselleer het weens Covid-19.

Die Makopano Boksburg Rugbyklub gaan Springs Rugbyklub die stryd aansê in die 2020/20 Makopano Covid Memorial Cup-finaal op 16 Oktober in Olympia Park, Springs.

Ongelukkig was die Uile se wedstryd op 2 Oktober teen Elsburg Rugbyklub afgestel weens ongure weersomstandighede. Die vyf outomatiese punte wat Boksburg uit die wedstryd gekry het was egter genoeg om vir hul ’n plek in die finaal te verseker.

Boksburg Rugbyklub afrigter Lukas van der Schyff en die afrigter van Springs Rugbyklub, Ockert Brits, het met dié vriendelike liga vorendag gekom na die Valke sy klubrugby-liga vir die jaar gekanselleer het weens Covid-19.
In die liga het Boksburg Rugbyklub, Springs Rugbyklub, Witbank Rugbyklub en Elsburg Rugbyklub teen mekaar meegeding. Elke span het die geleentheid gehad om een maal tuis en weg kragte te meet teen die ander klubs. Dit het ’n eerstespan, ’n o-20 sewes-span en ’n Barbarians-span (’n mengsel tusen 0-20s en senior spelers) ingesluit.

Boksburg se pad na die finaal in die Covid Memorial Cup
Makopano Boksburg Rugbyklub het op 28 Augustus sy eerste wedstryd van die Covid Memorial Cup op ’n hoë noot afgeskop met ’n oorwinning van 28-24 teen Springs.
Die manne in rooi en wit het egter ’n bietjie klei getrap in hul eerste wegwedstryd op 4 September in Witbank. Boksburg het met 18-13 teen Witbank Rugbyklub verloor.
Die Uile het daarna met ’n wegholoorwinning van 83-19 teen Elsburg Rugbyklub te Prince George Park op 11 September weggestap.
In die tweede kragmeting teen Springs (weg) op 18 September het Boksburg ’n nederlaag van 29-26 gely.
Boksburg het wel daarvoor opgemaak deur Witbank Rugbyklub met 38-5 die loef afgesteek op 25 September in die tuiswedstryd.

Rinus van der Linden, Boksburg Rugbyklub voorsitter, het gesê die klub is bly om in die finaal te wees.
“Ons is baie opgewonde en ek glo ons is gereed. Om in die finaal te wees is waarvoor ons gemik het. In die voorbereiding vir die finaal gaan ons voorspelers werk aan hul bewegings.
“Ons wil ook hê die skrums moet verbeter. Dit gaan kwaai kontak-oefensessies wees,” het die voorsitter gesê.

Lees Ook; Boksburg Rugbyklub vier oorwinning teen Witbank

Lees Ook: Boksburg Rugbyklub gereed vir aksie

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button