Boksburg Rugbyklub bly dat toeskouers weer by stadions toegelaat word
Toeskouers sal egter aan al die regulasies moet voldoen wat vandeesweek in die Staatskoerant gepubliseer is.
Makopano Boksburg Rugbyklub verwelkom SA Rugby se aankondiging dat ondersteuners wat ten volle ingeënt is weer toegelaat sal word om klub en professionele rugbywedstryde by te woon.
Rinus van der Linden, Boksburg Rugbyklub voorsitter, het gesê die klub is opgewonde om weer toeskouers te verwelkom.
“Ons is bly oor die aankondiging, en dit is net betyds vir die finaal teen Spings Rugbyklub op 16 Oktober in Olympia Park.
“Die klub gaan ook finansieel daarby baat om ondersteuners by die wedstryde toe te laat,” het die voorsitter gesê.
Toeskouers sal egter aan al die regulasies moet voldoen wat vandeesweek in die Staatskoerant gepubliseer is. Dit beteken dat nie meer as 2 000 ondersteuners toegelaat sal word nie.
“Dit is 19 maande sedert toeskouers by rugbywedstryde toegelaat was en is ’n lig aan die einde van die tonnel wat ons sport nodig her,” het Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, in ’n mediaverklaring gesê.
Die aankondigiging is nie van toepassing op skolerugby nie.
Lees Ook: Boksburg Rugbyklub op die wenpad
Lees Ook: Mooi so Boksburg, nou vir die finaal



