Local sportSport

Hope talent by plaaslike boksklub

Die klub is trots op sy bokers wat in die bokskryt presteer.

Thunder Boxing Academy, geleë in Everleigh, spog met boksers wat op provinsiale en nasionale vlak uitblink.

Justin Mostert, Alexander Meyer en Jaendre van Staden van die klub is in die Gauteng-span wat van 14 tot 18 Desember in Port Elizabeth aan die Suid -Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem.

Riaan Janse van Rensburg, eienaar en hoofafrigter van Thunder Boxing Academy, is trots op die boksers.

“Daar is nog harde werk wat voorlê, maar ek weet as afrigter dat hulle die vermoë het om al drie SA titels huis toe te bring. Thunder is ‘n baie trotse boksklub wat glo aan dissipline en respek,” het die afrigter gesê.

Die klub se bokser Johan Jurgens Prinsloo het onlangs Ekurhuleni kleure ontvang en ‘n silver medalje in die Gauteng Kampioenskappe.

Lees Ook: Swanepoel ready for next bout

Lees Ook: Jansen Park boxer a batamweight champion

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button