Local sportSport

ERU kry pakslae teen Springs

Springs Rugbyklub het East Rand United met 84-10 getroef in ’n Valke Peregrine-wedstryd wat op 23 April by Olympia Park uitgespook is.

Die tuisspan was reeds met 49-3 voor toe die fluitjie vir halftyd geblaas het.

Volgens United se voorsitter, Marius de Vos, was die manne van Reiger Park se vertoning kommerwekkend.

“Daar is baie dinge wat aanleiding gegee het daartoe. Onder andere, die probleem met senters en ’n losskakel op hierdie stadium, gebrek aan dissipline onder spanlede en dan ons finansiële onvermoë om ook kernspelers te kontrakteer.

Die gebrek aan beligting saans wanneer ons oefen dra ook grootliks by tot die uitdagings wat beide spelers en afrigters ervaar.

“Daar was ook positiewe situasies, soos ons pak voorspelers wat die skrumwerk redelik goed hanteer het. Ons het ook goed gevaar in die lynstaanwerk.

“Ons het van die probleemareas geïdentifiseer en hopelik kan van dit reggestel word sonder finansies. Ons moet nog sien hoe ons die probleem met senters en ’n losskakel sal aanspreek,” het De Vos verduidelik.

Lees Ook: Brakpan defeats East Rand United

Lees Ook: East Rand United beat Boksburg in nail-biting game

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button