Local sportSport

Vereeniging oorrompel Uile

Vereeniging het vir Boksburg Rugbyklub 40-14 die loef afgesteek in ’n Valke Peregrine-wedstryd in Vereeniging op 23 April.

Vereeniging het vir Boksburg Rugbyklub 40-14 die loef afgesteek in ’n Valke Peregrine-wedstryd in Vereeniging op 23 April.

Spelers, soos losskakel Henry Pike (kaptein), binnesenter Keenen Oelofse en slotte Joe Meyer (Big Joe) en Jason Stolz, het uitgestaan vir die Uile.

Volgens Boksburg Rugbyklub hoofafrigter Lukas van der Schyff is die telling nie ‘n ware weerspieëling van die wedstryd nie.

“Dit was ’n wedstryd vol ‘what ifs’. Daar was geleenthede in die eerste helfte wat ek voel ons hulle geheel en al oordonder het. Ons lynstane was goed, maar ons skrums was ’n probleem.

“Die telbord reflekteer nie wat op die veld gebeur het nie, maar dit is ’n positiewe ding. Dit is iets vir ons om aan te werk. Ons speel goeie rugby, nou moet ons net punte op die telbord sit.

“Ons het hard gespeel. Daar lê harde werk voor, maar ek is vol vertroue dat ons hul volgende keer kan ore aansit,” het die afrigter gesê.

Verder het die Uile se tweede span 43-0 verloor en die o-21s 31-10.

Boom de Klerk, afrigter van die tweede span, het gesê daar is ruimte vir verbetering, maar hy glo as die span die seisoen kan deursien, sal hulle groot dinge bereik.

Lees Ook: Boksburg Rugbyklub weer terug op die veld

Lees Ook: Boksburg Rugbyklub soek nuwe hoofborg

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button