Plaaslike boksers gereed om Ekurhuleni te verteenwoordig
Die klub glo die boksers sal goed vaar in die kampioenskappe.
Vyf boksers van die Thunder Boxing Academy, geleë by die St Francis Care Centre, was onlangs gekies vir die elite- en youth Ekurhuleni spanne wat vanaf 27 to 29 Mei in die Gauteng Bokskampioenskappe in Pretoria gaan deelneem.
Hulle is Bryan Thysse (25), Ashton Holl (20), Amos Maphanda (20), Jaendre van Staden (17) en Chayton Coetzee (20).
Riaan Janse van Rensburg, hoofafrigter van die klub, het sy trots uitgespreek oor die boksers se prestasies.
“Ek is opgewonde en glo dat my boksers goed sal doen. Dit is nie aldag dat een klub soveel boksers het wat verkies is tot die Ekurhuleni-span nie,” het hy gesê.
Also Read: Leer Thunder Boxing Academy se stigter ken
Also Read: Upcoming boxing talent galore at tournament



