Local sportSport

Boksburg Rugbyklub vier oorwinning

'n Strafskop deur Boksburg Rugbyklub se kaptein en losskakel Henry Pike het sy span in die doodsnikke van hul wedstryd 'n sege teen CCC Brakpan rugby in die Valke Peregrine-liga besorg.

Die Uile (Boksburg Rugbyklub) het Brakpan met 28-27 op tuisbodem gewen.

Spelers soos slotte Jason Stolz en Joe Meyer (Big Joe) en plaasvervanger Daniel Schultz (Spider) is van die spelers wat vir Boksburg uitgestaan het.

Rinus van der Linden, Boksburg se voorsitter, het verduidelik dit was ‘n taai stryd.

“Ons kon meer punte aangeteken het. In die laaste 20 minute van die wedstryd het ons bietjie te gerus geraak. In die laaste 20 minute van die tweede helfte het ons weer goed gespeel.

“Ons het gedomineer in die skrums. Die wedstryd was bepaal deur ‘n strafskap wat ons van ‘n skrum gekry het,” het die voorsitter verduidelik.

Die lynregters se vlae het afgebly, maar daar is besluit dat die bal wel oorgeskop is.

“Protokol is gevolg en ‘n beslissing is gemaak dat die skop oor is,” het hy bygevoeg.

“Wat dinge ook ‘n bietjie moeilik gemaak het is dat dit later skemer begin raak het en net een spreilig werk omdat kabels gesteel is. Die metro moet dit nog kom herstel,” het die voorsitter bygevoeg.

Volgens van der Linden sien die klub daarna uit om weer kragte te meet op Brakpan se tuisveld.

“Ons gaan nou werk aan ons algemene verdediging en hoe om die bal te behou by die afbreekpunte.”

Lees Ook: Boksburg Rugby Club clean-up a success

Lees Ook: Boksburg Rugbyklub soek nuwe hoofborg

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button