Noordwes-Universiteit ( NWU) Vaaldriehoek het East Rand United 62-5 die loef agesteek in ’n Valke Peregrine-wedstryd te Noord-Wes in April.
Dit was ook ‘n slegte dag op kantoor vir United se ander spanne.
Die manne van Reiger Park se tweedes het ook 44-3 verloor en die o-21s is met 130-3 afgeransel.
East Rand United se voorsitter Marius de Vos het beklemtoon die klub se finansiële posisie is so benard dat hul nie in staat is om behoorlik voor te berei vir wedstryde nie.
“Die gebrek aan beligting die afgelope twee seisoene dra ook verder by tot ons onvermoë om spelers goed genoeg af te rig om kompeterende rugby te speel. Ek wil dit ook duidelik stel dat terleurstelling om nie deel te kon neem aan die Oos-Kaap Super 14-kompetisie die klub sy beste spelers laat verloor het.
“Ons speel wel met drie spanne, maar ons het ‘n gebrek aan goeie spelers en dit het ons sleg laat vaar die afgelope twee wedstryde. Die speelterrein is ver van gelyk,” het de Vos bygevoeg.
Noordwes-Universiteit ( NWU) Vaaldriehoek het East Rand United 62-5 die loef agesteek in ‘n Valke Peregrine-wedstryd te Noord-Wes op in April.
Also Read: Metro teams out in force to tackle long grass
Also Read: Littering an issue in Boksburg area



