East Rand United se voorsitter Marius de Vos doen ‘n beroep op besighede en ondersteuners om die klub finansieël te ondersteun.
Dit kom na die klub die knieg met 43-9 teen United CCC Brakpan Rugbyklub tydens ‘n Valke Peregrine-liga stryd by Bosman Stadion op 22 April gebuig het.
“Saterdag se wedstryd teen Brakpan was weer eens ‘n grafiese tentoonstelling van die ongelykheid in klubrugby met betrekking tot borgskappe en geriewe. Dit is duidelik soos daglig dat die klubs wat gereeld deur die week onder beligting kan oefen en wat spelers kan betaal beter vaar as klubs wat net daaroor kan droom,” het die voorsitter gesê.
De Vos is van mening dat die Valke Unie ernstig sal moet kyk na hulle finansieringsstrategie om klubrugby onder alle rassegroepe gestand te hou.
“Die bietjie geld wat aan klubs gegee word help nie eers om sportfasiliteite te bespreek deur die loop van die seisoen nie. Vele van ons senior spelers wat die klub gewerf het oor die laaste vyf jaar en ontwikkel het tot die vlak waarop hulle nou speel, het groener wyvelde gaan soek. Die klubbestuur is trots op die spelers wat deurdruk ongeag ons tekortkominge.
“Maar nietemin, daar is ‘n wesenlike verbetering in ons spel veral in die eerste span en ons hoop om gou op ons voete te kom sodra die beligting probleem op ons tuisveld uitgesorteer is.”
Fondsinsameling
De Vos het beklemtoon die klub het twee fondsinsameling aktiwiteite beplan vir Junie, waar hul dan poog om genoeg geld te maak om die res van die seisoen deur te sien en ook vir volgende seisoen.
Hierdie fondsinsamelingaktiwiteite sal jaarliks aangebied word om hulle finansiële posisie te verstewig.
Vir meer inligting, kontak de Vos by 081 524 6950.
Lees Ook: East Rand United sukkel teen Vereeniging
Lees Ook: Public urged to avoid sinkhole area in Rondebult Road



