Sport

Die einde van die Peregrine-seisoen vir United

Die klub berei nou voor vir die volgende seisoen.

East Rand United het bevestig hy gaan nie aan die res van die Valke Peregrine-liga deelneem nie.

Volgens die klub se voorsitter, Marius de Vos, is dit omdat die klub steeds met finansies sukkel.

“Ons finansies is nou uitgeput en laat ons is nie in die posisie om die liga te voltooi nie,” verduidelik de Vos.

De Vos sê die klub voel teleurgesteld omdat hul moet onttrek.

United het ‘n slegte seisoen gehad, waar hul nie daarin kon slaag om een wedstryd te wen nie.

Die klub gaan ook gebuk onder vandalisme, wat lei daartoe dat die spreiligte nie werk nie. Dit maak dit moeilik vir die spelers om vir wedstryde voor te berei.

De Vos het verduidelik dat die klub besig is om fondse in te samel vir volgende jaar se seisoen.

“Ons is besig met verskeie projekte om soveel moontlik fondse in te samel,” het hy gesê.

Een van die projeke is ‘n Spring Bash wat in September gaan plaasvind.

Indien iemand die klub wil ondersteun, kontak de Vos by 081 524 6950.

Also Read: Foto’s: ERU vs Boksburg

Also Read: East Rand United suffer another league match loss

   

Related Articles

 
Back to top button