Sport

Plaaslike stoeier mik hoog

Dissipline, harde werk en die ondersteuning van familie.

Dit is waaraan Wiandru van Rooyen van die Boksburg Amateur Stoeiklub (BASK) sy sukses toeskryf.

Hy het onlangs die o17 (92kg) Afrika-kampioen geword toe hy die Suid-Afrikaanse span by die 2023 African Continental Championships in Tunisië verteenwoordig het.

Die stoeier het gesê hy voel geëerd en baie dankbaar oor sy prestasie.

“Dit was heeltemal ‘n ander gevoel. Dit was ’n ongelooflike ervaring gewees vir my, ek het dit baie geniet. Ek kon dit nie sonder my afrigter, Marco Coetze, bereik het nie,” het hy bygevoeg.

Wiandru van Rooyen in aksie.

Tog het Wiandru uitdagings ondervind voor hy Tunisië toe is.

“Ek het beserings ogedoen wat ons gelukkig kon uitsorteer voordat ek Tunisia toe gevlieg het.”

Wiandru het begin stoei toe hy sewe was om te verbeter in rugby en hom te help met sy aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS).

“Die rede waarom ek so passievol is oor rugby is omdat dit ’n ongelooflike sport is wat jou dissipline leer.”

Wat is volgende vir die stoei-kampioen?

“Ek wil graag volgende jaar weer Afrika toe gaan en ‘n eerste plek vat en daarna wêreldkampeioenskappe toe gaan en graag ‘n plek inpalm. Die Olimpiese Spele in 2028 is ook op my agenda.”

BASK het Wiandru geluk gewens met sy prestasie.

“Ons by BASK is bevoorreg om jou by ons te kan hê. Baie geluk aan elke afrigter wat ‘n bydrae gelewer het, julle kan trots wees.”

Lees Ook: Boksburg Stoeiklub ryg medaljes in by SAs

Lees Ook: Local wrestler victorious in Tunisia

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button