Local newsSport

Ontwikkeling in sport ‘n belegging in kindervaardighede

Wanneer ’n jong speler week ná week oefen, leer hul deursettingsvermoë, selfbeheersing en verantwoordelikheid.

Liggaamsoefeninge vorm reeds jare deel van fondasiefase onderrig, maar die voordele van onwikkelingssport onder laerskool leerders neem tans die voortou in die bevordering van sportsmangees.

Suid-Afrika se 2022 Healthy Active Kids Report Card het gevind dat in vergelyking met die res van die wêreld, plaaslike kinders binne die top 15% vir algehele fisiese aktiwiteit en binne die top 7% vir fiksheid is.

Dit beteken, die land se statistieke het van graad C na B gestyg, wat raam dat minstens 75% van kinders aktief is.

Ondanks die verhoging het Suid-Afrikaanse kinders 45ste uit 57 lande geplaas aangaande dié wat aan georganiseerde sport deelneem.

LEES OOK: Hartties complete fairytale debut with gold at Easter Sports Festival

Laerskool Rynfield se sporthoof, Michael Ferreira sê die skool se fokus op onwikkelingssport onder leerders tussen die ouderdomme van ses en agt, is daarop toegespits om liefde vir sport te kweek asook om van jonks af gesonde sportsmangees te leer.

“Van Graad Een tot Twee gebruik ons die geleentheid om leerders aan ‘n verskydenheid spansporte voor te stel, onder andere krieket, rugby, netbal en hokkie,” het Ferreira gesê.

“Gedurende dié tyd is die fokus op die slyp van vaardighede waartydens deelnemers blootgestel word aan die reëls van die sport en spesiale aandag word geskenk om hul vernuf, motoriese vaardighede te ontwikkel asook om hulle te leer om in ‘n groepsverband hul kommunikasie en leierskapeienskappe te bevorder.

“Op die netbal-, hokkie- en krieketveld, span ons grondslag onderwyspersoneel in om leiding te neem, aangesien hul reeds ‘n verhouding met die leerders gesmee het en doeltreffend op hul vlak kommunikeer.”

Op die rugbyveld sprei die jong latte hul Valkievlerke, onder die leiding van gewillige pa’s wat deel wil wees van die rakkers se groeiende liefde vir die sport.

“Ouerbetrokkenheid is een van die hoekstene van sportontwikkeling,” het Ferreira gesê.

“Geesdrif rondom sport en veral rugby is deel van die Suid-Afrikaanse DNS.

“Om spelers se pa’s as deel van die afrigtingspan te hê stel hulle in staat om positiewe leiding te bied asook om die seuns van jonks af die basiese tegniese aspekte, in terme van veilige spel, as tweede natuur aan te leer.”

Ferreira verduidelik verder dat tussen 20 tot 30 leerders deel vorm van die skool se onwikkelingspanne, wat deur die loop van die seisoen aan wedstryde teen ander skole meeding. 

A young blonde girl in a blue school uniform holding a netball ball.
Donna-Lee Kok (6), wil so goed netbal speel soos haar mamma. Foto: Jani de Beer

“Tydens die toenooie kry elke speler die geleentheid om hul nuutgevonde vaardighede prakties toe te pas, sonder die druk van prestasie.

“Wedstryde dien as ‘n geleentheid vir elkeen om op die veld te draf, speeltyd te geniet, bande met vriende te smee sonder dat hul aandag deur tellings afgelei word,” het hy gesê.

“Op onwikkelingsvlak kweek ons ‘n liefde vir die sport instede vir die na jaag vir glorie.”

A young blond boy in grey school shorts and a white school shirt standing on a lawn and reaching down with one hand to a rugby ball at his feet.
Sion Schmidt (6) is ‘n lid van Laerskool Rynfield se ontwikkelings sportsspan. Foto: Jani de Beer.

Van spansport sê Ferreira die oogmerk rus daarby om leerders van vroeg af deel van die skoolkultuur en vertoonwoordiging te maak.

“Deelname het ‘n merkwaardige invloed op breinfunksie asook die ontwikkeling van motoriese vaardighede en dien as ‘n positiewe uitlaatklep,” het hy gesê.

“Terwyl nie elke lid van die junior ontwikkelingspanne voortgaan om die skool op senior vlak te verteenwoordig nie en moontlik ‘n passie vir ander sportsoorte ontwikkel, die grondslag van positiewe deelname duur voort.”

In ‘n persverklaring, uitgereik deur Bokkieweek hou deelname aan spansport die volgende voordele in vir tieners:
• Karakterbou en dissipline
Wanneer ’n jong speler week ná week oefen, leer hul deursettingsvermoë, selfbeheersing en verantwoordelikheid.
Spelers kan nie slegs opdaag wanneer hul lus voel nie; die span maak staat op elke speler se getrouheid.
Dié verantwoordelikheid vorm werksetiek en integriteit; waardes wat ook in studies, loopbane en verhoudings vrug dra.
• Spanwerk en leierskap
Spansport leer jongmense dat sukses nie oor “ek” gaan nie, maar oor “ons”.
Hulle leer om instruksies te volg, konflik gesond te hanteer en hul spanmaats aan te moedig, dus ontwikkel natuurlike leiers die vermoë om met wysheid en respek, leiding te neem.
• Bou selfvertroue en emosionele volwassenheid
Spansport help jongmense om in hulself te glo.
Wanneer ’n speler die vrugte van hulle harde werk sien, groei hul selfvertroue.
Sport leer jongmense om emosies gesond te hanteer; kalm te bly onder druk, kritiek te hanteer en teleurstelling konstruktief te verwerk. Dié emosionele volwassenheid help nie net op die sportveld nie, maar ook in studies, werksituasies en verhoudings.
• Gesonde leefstyl
Fisiese aktiwiteite verbeter konsentrasie, energievlakke en algemene welstand.
Jongmense wat aktief is, ontwikkel gesonder gewoontes wat hulle help om balans te vind tussen liggaam, verstand en emosies.
• Persoonlike identiteit
Spansport gee sekuriteit en betekenis, omdat die deelnemer deel is van iets groter.

LEES OOK: Jaco Kriel inspireer leerders by Laerskool Goudrand

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Jani de Beer

Jani went from working as a student intern for the Boksburg Advertiser to being employed as a junior journalist in 2004. Taking time out to start a family, she returned to the Caxton family in 2022 as senior journalist for the Benoni City Times. Her passion is telling her community's stories.

Related Articles

Back to top button