Entertainment

KYK: GetRealWithRyans in Boksburg

Die gesin droom daarvan om eendag in Amerika te woon.

Dit is tyd vir ‘get real with the Ryans’.

As jy op TikTok is het jy seker al hierdie frase van die Ryan gesin gehoor.

Eddie en Wima Ryan en hul dogter, Kaylee van Lakefield in Benoni is drie jaar gelede sak en pak na die eiland in Engeland, Isle of White toe.

Na hul vertrek het hulle ‘n TikTok kanaal begin, GetRealWithTheRyans, waar hulle hul avonture deel.

Hulle het al diep in mense op die platform se harte gekruip en spog nou met oor die 31 000 volgelinge.

Vir die eerste keer sedert hul vertrek is hulle weer terug in Suid-Afrika. Die gesin het 17 Oktober geland, en gaan vir ‘n paar dae in die land wees. Eddie, ‘n ‘cloud economic strategist’ is in die land vir werk. Die gesin maak ook van die geleentheid gebruik om te kuier saam met familie en vriende.

Die familie het op 19 Oktober ‘n ‘meet and greet’ gehou by Hennie’s Boksburg, waar hul aanhangers die geleentheid gehad het om die gesin te ontmoet.

Laerskool Concordia, Kaylee se voormalige skool, se hoof, Charel Blignaut, het ook die geleentheid bygewoon.

Concordia het tydens die Ryans se besoek vir Kaylee erkenning gegee as ereleier van die skool en sy het ‘n balkie ontvang.

“As Kaylee nog by ons was sou sy ‘n leier gewees het,” het die hoof vertel.

Kaylee Ryan saam met haar voormalige skoolhoof van Laerskool Concordia, Charel Blignaut.

Wilma het verduidelik dat hulle die besluit geneem het om te emigreer omdat hul gevoel het daar is meer geleenthede aan daardie kant van die wêreld.

Oor hulle lewe oorkant die waters, het Wilma gesê dat hulle dit vreeslik geniet.

“Dit is baie anders as in Suid-Afrika. Ek kan wel sê die leefstyl is baie lekker en is familie-georiënteerd. Alles is veilig en jy kan stap.

“Verder word alles ook aanlyn gedoen.”

 

Volgens Wilma was dit vir die gesin ‘n kulturele skok dat mense van Isle of White nie gelowig is nie.

“’n Mens besef nie hoe belangrik jou geloof is nie, en ons sal dit nie prysgee nie.”

Wat hulle die meeste van Suid-Afrika mis is die kos en mense.

Hoe voel dit vir hulle om terug te wees in Suid-Afrika?

“Alles lyk meestal nog dieselfde en dit is besonders om weer vriende en familie te sien. My pa is 80 en ek het hom drie jaar gelede gesien. Verder is ons kultuur is maar net een uit ‘n miljoen,” het Wilma, wat in die skoonheidsbedryf is, bygevoeg.

Wilma, Kaylee en Eddie Ryan saam met familielede Lida Etzebeth (heel links), Jan van Tonder en Rosemary Febbraio (heel regs).

Oor hul kultuur het Wilma verduidelik dat hul steeds Afrikaans praat en braai, al reën dit. Eddie het selfs geleer om sy eie boerewors te maak.

“Daar is ook Suid-Afrikaanse winkels waar ons byvoorbeeld biltong kan koop. Ons het ook Suid-Afrikaners in die omgewing deur die internet ontmoet.”

Het hulle verwag dat GetRealWithTheRyans ‘n sukses gaan wees?

Glad nie. Ons het besluit kom ons wees net ‘real’. Ons is net gewone mense. Dit is waarom ons vir Kaylee ook wil leer dat baie volgelinge jou nie beter as almal maak nie.”

Die gesin het nie planne om na Suid-Afrika terug te keer nie, en droom daarvan om eendag in Amerika te bly.
Hulle raad aan mense wat die land wil verlaat: Soek die positiewe dinge. Die lewe is wat jy daarvan maak.”

Wilma en Hannetjie Scheepers by die Ryans ‘meet en greet’.
Wilma, Eddie en Kaylee Ryan saam met familielede Rosemary Febbraio en Efstascha en Llewellyn Krause.
Eddie, Kaylee en Wilma Ryan saam met Charel Blignaut, hoof van Kaylee se voormalige skool, Laerskool Concordia.

Lees Ook: WATCH: Police officer humbled after trending on TikTok

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button