Entertainment
KYK: Bobby het Boksburg gehoor op hul voete
Bobby het trefferliedjies gesing tydens die vertoning.
Die gewilde sanger Bobby van Jaasveld het onlangs die gehoor by Malbroer in Bardene vermaak.
Hy het gaste op hul voete gehad deur trefferliedjies te sing soos ‘n Vrou Wil Dit Hoor, Die Land asook Neil Diamond se Sweet Caroline.
Na die vertoning het gaste tougestaan om foto’s saam met hom te neem. Bobby het aan die Boksburg Advertiser gesê die aand was ‘belaglik lekker’.
“Ek wil elke dag hier optree. Die mense is lekker. Boksburg, dankie dat julle altyd daar is en dankie vir julle liefde. Dankie dat julle Afrikaanse musiek ondersteun.”
Lees Ook: Bobby en Franja verskaf pret en genot in Boksburg
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!








