Entertainment

Nuwe avonture wink vir Lu-Anél

Lu-Anél het al baie bereik in haar loopbaan en is ook al by die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekenning bekroon.

Impala Park se Luané-Anél van Staden, ook bekend as Lu-Anél, is een van die jonger talentvolle musiekbedryfsterre wat haar pad na sukses en erkenning stap.

Verlede jaar het sy haar matriek voltooi en haar 18de verjaarsdag gevier, ‘n belangrike mylpaal wat haar op ‘n nuwe avontuurlustige reis in die musiekbedryf lei.

Met haar liefde vir musiek en haar unieke styl, is daar geen twyfel dat Lu-Anél ‘n groot rol gaan speel in die toekoms van Suid-Afrikaanse musiek.

Op 28 Februarie 2025, sal haar nuutste enkelsnit, Laaste Soen, vrygestel word.

Hierdie liedjie, wat deur Michael de Lange geskryf is, is ‘n diep emosionele ballade wat die pyn en die verlange van iemand beskryf wat smag na nog ‘n laaste kans om weer te probeer.

Lu-Anél glo dat beide jong en ouer geslagte aanklank sal vind by die ledjie.

“Laaste Soen het ‘n vinnige tempo, wat die emosie van die situasie versterk, terwyl dit steeds ‘n gemaklike luisterervaring bied,” het sy gesê.

Die liedjie sal na die vrystelling op alle digitale platforms beskikbaar wees.

Verder gaan die talentvolle musikant binnenkort twee nuwe liedjies opneem wat sy self geskryf het. Dit is haar eerste werk uit haar eie pen, wat vir haar baie spesiaal is.

Maar Lu-Anél is nie net ‘n ateljee-kunstenares nie, maar blink ook uit op die verhoog.

Sy het onlangs begin sy as die nuutste lid van die Barnyard Theatre, waar sy sal optree in die gewilde produksie, Super Troopers. Hulle speel musiek van ABBA, Roxette en die Bee Gees en sal te sien wees by Emperors Palace, Menlyn en Silverstar. Sy staan nou in vir mense wat nie beskikbaar is om op te tree nie.

Nog opwindende nuus vir Lu-Anél is haar beplande Kaapstad-toer later vanjaar saam met die talentvolle Kosie Beukes. Kosie, wat al 17 jaar oud is en 14 musiekinstrumente bespeel, het saam met Lu-Anél begin werk as haar kitaarspeler.

Die verskeidenheid van musiek wat hulle aanbied, van klassieke pop tot selfs ‘n bietjie boeremusiek, sal verseker die gehoor bekoor.

Lu-Anél se musiekloopbaan is besig om ‘n nuwe fase in te gaan, en die toekoms lyk opwindend.

Volgens haar ma, Anina, is sy is nie net ‘n talentvolle musikante nie, maar ook ‘n jong vrou wat haar voete op die grond hou en nie haar wortels vergeet nie.

“Ondanks die groei in haar musiekloopbaan en haar nuwe sukses, sal sy altyd die empatiese persoon wees wat ‘n sagte plekkie vir bejaardes sal hê en tyd sal maak vir haar ondersteuners.”

Lees Ook: Sangeres Lu-Anél bereik nuwe hoogtes

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button