EG Jansen stel Die Kragstasie bekend

Daar was vele opwindende aktiwiteite tydens die bekendstelling van die gimnasium.

Hoërskool Dr EG Jansen het op 5 Maart sy gimnasium, Die Kragstasie, bekendgestel.

EG Jansen het eienaarskap van die gimnasium oorgevat van die vorige eienaars en dit ‘n nuwe baadjie gegee.

Die Kragstasie, wat oop is vir die publiek, het apparate vir elkeen om sy fiksheidsdoelwitte te bereik.

Werknemers by Die Kragstasie Fazila Johnson-Chikukwa, Lee-Ash Felix, Venda Ramohlale en Maria Mokoena.
In hierdie foto is lede wat die bekendstelling bygewoon het.
Wilma Kleynhans toets Die Kragstasie se apparate uit.

Die dag van die bekendstelling was propvol energieke aktiwiteite en gesellige samehorigheid wat nie net die leerlinge, maar ook die gemeenskap betrek het.

Twee van die hoogtepunte van die dag was die aerobics- en jump klasse. Die aerobics-klas het die deelnemers uitgedaag om hul fiksheid en koördinasie te toets, terwyl die jump klas die ritme en veerkragtigheid van die deelnemers op die proef gestel het.

Lees Ook: EG Jansen se hoof lê die tuig neer

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button