CrimeNews

Opvolg: Twee wat by skool inbreek verskyn in hof, skoolhoof bedank SAPD (grafiese foto)

Die hoof van die Hoërskool Stoffberg, Koos Boshoff, het vanoggend (Maandag) lof gehad vir die SAPD se vinnige optrede nadat daar Saterdagoggend by die skool ingebreek is.

Lede van die Brakpan anti-kapingseenheid het Saterdagoggend, ongeveer 10vm, twee rowers by  die skool betrap, waarna een in die been gewond is.

Lees die volledige berig hier.

Volgens die SAPD het beide die verdagtes vandag (Maandag) in die Brakpan Landdroshof verskyn.

Die verdagte, wat gewond is, is van huisbraak en diefstal asook poging tot moord aangekla en die tweede verdagte is van huisbraak en diefstal aangekla.

Die saak word verder ondersoek.

Koos Boshoff het gesê dat daar groot waardering is vir die vinnige optrede van die lede van die SAPD en hy het hulle bedank vir die werk wat hulle verrig het.

Die een rower is in die regterbeen gewond toe hy gepoog het om vir insp Jan Roos met ‘n koevoet te slaan.
Die een rower is in die regterbeen gewond toe hy gepoog het om vir insp Jan Roos met ‘n koevoet te slaan.

Lees ook:

Die koeël is deur die dak

Hijackers take off with victims still in the car

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button