Laerskool Môrewag se o-13 rugbyspan het gedurende die skoolvakansie aan ’n suksesvolle rugbytoernooi by die Laerskool Delmas deelgeneem.
Die span het na vier uit vyf wedstryde seëvierend van die veld gestap en is net deur Laerskool Balfour, met ’n telling van 10-36, geklop.
In hul eerste wedstryd het hul stof in Laerskool Delmas se oë geskop en met ’n eindtelling van 31-10 geëindig.
Laerskool Reynorif van Emalahleni het hul uiterste bes probeer, maar Morries was net te sterk om te oorwin.
Morries se verdediging was tops teen Reitz Skool van die Vrystaat, wat nie daarin kon slaag om een punt op die telbord aan te teken nie.
Die laaste wedstryd teen Laerskool Ermelo was een vir die boeke, waar Morries met ’n skrale twee punte (17-15) seëvierend was.
Lees: Morries se atlete haal uit en wys
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



