Klakous moet tak eerder self optel
"Die klakous wat so kla oor die takkie op die sypaadjie is ondankbaar."
J de Bruyn skryf per e-pos:
Met verwysing na die brief in die Herald van 5 April (Werkers maak nie skoon).
Ek wil net sê die klakous wat so kla oor die takkie op die sypaadjie is ondankbaar.
Tel maar die takkie op en gooi dit weg en wees bly dat die belastinggeld vir ’n slag reg aangewend word.
Die mense maak ordentlik skoon na hulle klaar is. Hulle het Freelstraat ook gedoen. Gesels eerder met die werkers en maak hulle trots op wat hulle doen in plaas daarvan om hulle te skel. Jy sal verbaas wees hoeveel meer moeite hulle doen.
Die strepe is geverf en die stopstraatlyne ook – nou moet al die idiote net leer om te stop en nie te jaag soos mal demone nie.
Ek hoop al die ander vrot strate gaan ook so goed herstel word en dat belastinggeld reg aangewend word.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



