CrimeNews

Gevoelige slag vir dwelmsmouse

Die Brakpan polisie het verlede Donderdagoggend ‘n reuse slag geslaan, toe hulle dwelmmiddels met ‘n straatwaarde van ongeveer R200 000 gekonfiskeer het.

Die sukses volg na goeie en volgehoue observasie deur lede van die polisie.

Die dwelmiddels is naby ‘n huis in Derbylaan gevind. Daar was ondermeer dagga, kokaiene en “crystal meth”.

Volgens kapt Joep Joubert, is die sukses die resultaat van goeie en volgehoue werk deur lede van die Brakpan SAPD.

“Ons besef dat dwelmmisbruik en dwelmhandel tans ‘n probleem is en ons doen alles in ons vermoeë om die oortreders vas te trek,” het Joubert gesê.

“Ons hoop om voort te bou op hierdie sukses.”

Op die stadium is geen arrestasies uitgevoer nie, maar waardevolle inligting word tans opgevolg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button