Die eerste twee jaar, sedert die instelling van die toer, het die leerders na Kaapstad gevlieg om die Kaap van die suidpunt in Stellenbosch en die Paarl te verken.
Verlede jaar is die Laeveld platgery waar die leerders in ‘n waterval geswem het en die Sudwala grotte besoek het.
Vanjaar het die kinders gedurende Augustus na die Drakensberge vertrek vir ‘n welverdiende naweek van pret en bietjie rus.
“Benewens ‘n wonderlike staproete in die amfiteater, het ons gefoefie gly oor ‘n dam, pyl-en-boog geskiet, die sterre bestudeer en die Golden Gate besoek,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.
“Hierdie toer het nou ‘n instelling geword. Leerders kwalifiseer op grond van hulle akademiese punte wat hulle gedurende die Junie eksamen behaal,” het die skoolhoof George Nell verduidelik.
“Die top 10 leerders van elke graad word die geleetnheid gegee om die toer meet te maak. Ons wil al die Ankers en voornemende Ankers solank aanmoedig om hard te leer en hul sakgeld te spaar, want volgende jaar gaan ons weer so maak,” het Nell gesê.



