NewsSchools

Stoffies se krieketspan is onstuitbaar

Die Hoërskool Stoffberg se o-15 krieketspan het vanjaar die rekordboeke behoorlik herskryf, met hul boulwerk sowel as met hul kolfwerk.

Die span se kolfwerk was veral van uitstaande gehalte, met Gerhard du Preez aan die voorpunt.

“Gerhard was in ses ligawedstryde slegs een keer uitgehaal en is definitief besig om in sy broer, Johan, wie vir die Suid-Afrikaanse onder-19 krieketspan, asook vir die Suid-Afrikaanse Skole Krieketspan gespeel het, se voetspore te volg,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

Met Gerhard as kaptein en aan die stuur van sake het Stoffies ‘n allemintige 1 160 lopies aangeteken in hul ses ligawedstryde, waarvan twee hondertalle aangeteken is teen Die Anker, HTS Springs, John Vorster, Johan Jurgens en Tlakula.

Rudolph Klopper het veral uitgestaan met sy boulwerk, en slegs Balfour kon enige teenstand bied, maar het ook dié wedstryd teen Stoffberg met ses paaltjies verloor.

Stoffies het dus as ligawenners uit die stryd getree.

“Ons span moes verlede Woensdag in die Gauteng semi-finaal teen Afrikaans Hoër Germiston te staan kom, maar weens ‘n kommunikasieprobleem van die unie het Affies nie opgedaag vir die wedstryd nie,” het die woordvoerder gesê.

Stoffberg se afrigters het egter goeie sportmangees aan die dag gelê en Affies genooi om verlede Vrydag die wedstryd te speel.

Stoffberg het ook dié een met 40 lopies gewen, om deur te dring na die Gauteng finaal. Hulle teenstanders moet nog aangekondig word.

Hierdie oorwinning is die kersie op die koek vir ‘n super sportjaar vir Stoffberg op alle gebiede.

Dit sluit in:

* Netbal: o-15-span en eerstespan ligawenners en eerstespan Ekhuruleni wenners.

* Hokkie: o-14- en o-15-spanne ligawenners, met die o-15’s wat derde eindig in die Noordvaal kompetisie.

* Rugby: o-16-span Valke kampioene, o-16’s en eerstes Valke finaal, o-16’s en eerstes Beeldtrofee Kwartfinaal.

* Twee leerders in die Gauteng o-21 hokkiespan, een leerder deel van die junior SA Vroue Netbalspan, ‘n leerder gekies vir die Valke Cravenweek rugbyspan, twee skyfskietleerders wat deelgeneem het aan die SA Skyfskietkampioenskappe, en verskeie rugbyspelers wat gekies was vir die Bokkiespan wat op Delmas gespeel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button