LettersOpinion

Karwagte help nie veel nie

Johan Steyn skryf per e-pos: Genoeg is genoeg!

Wanneer gaan dinge regkom in Brakpan?

Die prostitute en bedelaars is besig om die dorp oor te neem.

Die karwagte raak net so erg. Orals waar ‘n mens stilhou is daar ‘n spul karwagte.

Hulle kyk kamstig na jou motor, maar eintlik probeer hulle net om geld uit ‘n mens te kry.

Ek het onlangs ‘n voorval by ‘n winkelsentrum in die dorp gehad.

Ek en my dogtertjie het om ongeveer 7nm na ‘n winkel gegaan om ‘n paar goedjies te koop.

Toe ek in die parkering stilhou is ek deur ‘n karwag genader.

Hy het gevra of hy my motor kon oppas en ek het vir hom gesê dat dit nie nodig was nie, aangesien daar sekuriteitswagte aan diens was.

Hy het egter gesê dat daar nie sekuriteitswagte was nie.

Ek het ingegaan en my inkoppies gaan doen en, toe ek uit kom, het ek geen sekuriteitswagte gesien nie.

Ek het na my motor beweeg. Langs my motor het ‘n silver motor gestaan en daar was drie mans wat by die voertuig gestaan en drink het.

Ek het ‘n snaakse gevoel gekry, maar het aan beweeg na my motor toe.

Toe ek naby die mans was, het een van hulle gemaak of hy my kind (21 maande) uit die trollie wou gryp.

Ek het dadelik gereageer en my kind gegryp en die man met die elmboog in die gesig geslaan.

Toe ek in my motor klim het ek opgemerk dat die karwag omtrent vyf tree van ons afgestaan het en absoluut niks gedoen het nie.

(Brief verkort).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button