Local newsNews

Honderde geniet Kersete

Meer as 250 mense het verlede Donderdagoggend die jaarlikse Kersete van die Ondersteuningsraad, in die Brakpan Stadsaal, geniet.

Oud en jonk het by keurig gedekte tafels aangesit en ‘n bord kos, nagereg, koedrank en lekkergoed geniet.

Die Ondersteuninsraad voorsien deur die loop van die jaar daagliks honderde mense van ‘n bord kos.

Vir baie van die mense is dié bord kos die enigste voedsel wat hulle kry.

Naomi Mostert, van die Ondersteuningsraad, het gesê dat die hoeveelheid mense wat jaarliks om hulp aanklop steeds groei.

Sowat 80 tot 100 volwassenes en kinders word daagliks deur die Ondersteuningsraad van ‘n bord kos voorsien.

“Daar is veral ‘n toename in die aantal kinders wat deesdae voor ons deur opdaag,” het Mostert gesê.

Dié tendens was ook duidelik toe daar Donderdag meer as 50 jong kinders, saam hul ouers en oppassers, by die Kersete opgedaag het.

Die jaarlikse Kersete word moontlik gemaak deur mildelike skenkings van veskeie gemeentes, individue en besighede.

“Ons is baie dankbaar vir die skenkings en ook vir die vrywilligers wat help met die voorbereiding en opdiening van die kos,” het Mostert gesê.

“Die tafels word mooi gedek en ons probeer werklik om die Kersete vir die mense so spesiaal moontlik te maak.”

Die Ondersteuningsraad se kantore sluit op 20 Desember en sal weer op 6 Januarie open.

Gedurende hierdie tyd sal daar geen voedselhulp verleen word nie.

“Om die nood in dié tyd te verlig, wil ons graag op 20 Desember kospakkies uitdeel,” het Mostert gesê.

Pesone wat belangstel om die Ondersteuningsraad op een of ander manier te help kan die kantore by 011 740-9130 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button