NewsSchools

Murray se gholf is tops

‘n Groep leerders en onderwysers van Hoërskool Die Anker het onlangs ‘n gholftoer na die Suidkus onderneem en een van die land se mooiste gholfbane gaan aangedurf.

Tydens die sewe dae lange toer het die groep op vier bane gespeel, naamlik Southbroom, Umdoni, Port Shepstone en Wild Coast Sun, en moes hulle nie net teen die baan en hulle vriende speel nie, maar ook teen die wind en natuurlik die onderwysers.

Op Southbroom het Herman Nel die dag gewen en die voortou geneem, maar op dag twee was die wind glad nie ‘n grap nie en het Morné Wessels, gewen met slegs 32 punte.

Die derde baan (Port Shepstone) was makliker en die wind stiller.

Murray Louw het gewen en die voortou geneem, met slegs ses punte wat posisie een tot nege geskei het.

Almal het ‘n kans gehad op die briljante kampioenskapbaan by die Wild Coast Sun, maar met JP De Jager wat die dag gewen het, met ‘n punt voor Murray Louw, het die gholftoer tot ‘n einde gekom met Murray as die skool se gholfseun van die jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button